STAGING — geen werklike geld of e-pos / no real money or mail
← Alle stories

Matriek 2025 — uitslae

10 May 2026 · Hoërskool Randburg
Ons matrieks van 2025 spog met ’n uitsonderlike 100% slaagsyfer! Ons is verder besonder trots om aan te kondig dat 90% van ons leerders vir universiteitstudies kwalifiseer, 8% vir verdere diplomastudies en 2% vir hoër sertifikaatstudies. Hierdie groep het saam ’n indrukwekkende 329 A-simbole behaal — dit beteken gemiddeld 1,84 A’s per leerder. ’n Merkwaardige prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Ons wens ons oud-Randjies wat elkeen hul ster laat skyn en Hoërskool Randburg se naam met trots hoog gehou het, baie geluk.