Slaggereed · sedert 1966
Eens 'n Randjie.
Eens 'n Randjie.
Vir altyd Alumni.
Versprei oor die land, oor die wêreld, oor die jare — een netwerk, maandeliks gevoed deur die wat omgee.
Wie is ons
Die Randburg Alumni Netwerk
Die Randburg Alumni Netwerk is 'n onafhanklike netwerk wat oud-leerlinge, ouers, personeel en vriende van Hoërskool Randburg verenig. Ons doel is om die skool te ondersteun deur talent te behou, borgskappe en projekte te bevorder, fasiliteite te verbeter en toegang tot gehalte-afrigting te versterk. Ons wil skooltrots aanmoedig, die gemeenskap betrek en bydra tot Hoërskool Randburg se strewe om een van die voorste Afrikaanse skole te wees.
01
Talent behou
02
Projekte borg
03
Fasiliteite verbeter
04
Gehalte-afrigting